Drie vas vir hofinbraak

Drie verdagtes sal na verwagting môre in die Katutura-landdroshof verskyn na ‘n inbraak Donderdag-nag by die Katutura-landdroshof. Verskeie skootrekenaars van senior hofpersoneel is gesteel. Vroeg Sondagoggend het owerhede een van die verdagtes opgespoor. Hy het gevlug en is raak geskiet. Hy word tans in die Katutura hospitaal behandel. Twee skootrekenaars is by hom gevind. Owerhede […]

Read More

Eros-gemeente hulplyn effe stiller

Daar is volgens dr. Fourie Van Den Berg van die Eros Gemeente in die hoofstad die afgelope tyd aansienlik minder noodoproepe na hulle Covid-19 noodlyn en hulpsentrum. Hy het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat hulle ‘n afname in positiewe gevalle sien, en dit is baie goed.

Read More

SA nou op vlak-drie

President Cyril Ramaphosa sê die Suid-Afrikaanse kabinet het besluit om die land onmiddellik na inperkingsvlak-drie af te skuif. Die aandklokreël sal steeds van tien-uur saans tot vier-uur soggens van krag wees, terwyl interprovinsiale reise vir ontspanning nou kan hervat. Die alkohol buiteverkope deur kleinhandelaars sal van Maandag tot Donderdag tussen tien-uur soggens en ses-uur die […]

Read More

Covid-gevalle daal plaaslik

Die Namibiese gesondheidsministerie het 810 nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig. Oshakati het 98,Windhoek 80,Opuwo 64, Eenhana 59, Walvisbaai 54, Onandjokwe 53 en Grootfontein 43. Die res kom landwyd voor. Daar is steeds 20 902 aktiewe gevalle, en 92 879 wat herstel het uit ‘n kumulatiewe totaal van 116 603. Die totale sterftesyfer staan […]

Read More

Covid-chaos: mense is siek en sat sê WGO

Die direkteur-generaal van die Wêreldgesondheidsorganisasie, Tedros Ghebreyesus, sê mense is siek en sat vir die chaos wat Covid-19 in ekonomieë en samelewings veroorsaak. Hy het ‘n pleidooi gelewer vir die bespoediging van entstofverspreiding oor die hele wêreld. Ghebreyesus sê entstof-gelykheid is noodsaaklik om te verseker dat 70 persent van die mensdom teen die middel van […]

Read More

Nog 810 nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig

Die Namibiese gesondheidsministerie het 810 nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig.Oshakati het 98,Windhoek 80,Opuwo 64, Eenhana 59, Walvisbaai 54, Onandjokwe 53 en Grootfontein 43.Die res kom landwyd voor. Daar is steeds 20 902 aktiewe gevalle, en 92 879 wat herstel het uit ‘n kumulatiewe totaal van 116 603. Die totale sterftesyfer staan tans op […]

Read More

Ramaphosa praat vanaand agtuur.

Die Suid-Afrikaanse Presidensie het bevestig dat president Cyril Ramaphosa die land om half nege vanaand sal toespreek. Daar heers meningsverskile oor wat vanaand van president Ramaphosa verwag kan word.Gauteng sien uit na ‘n opheffing van reisbeperkings, terwyl die drankbedryf hard geveg het om die verbod teen drankverkope opgehef te kry

Read More

Swaar sneeu in dele van Suid-Afrika

Motoriste word aangeraai om nie oor die Swartbergpas in die Klein-Karoo in die Wes-Kaap te ry nie, want dit is weens swaar sneeu gesluit. Die hoof van Rampbestuur by die Oudtshoorn-munisipaliteit, Adel Supra-Vertue, sê agt motors het gister in die sneeu vasgeval en moes uitgesleep word. Sneeu het op verskeie berge in die provinsie geval, […]

Read More

Opleidingsessie oor impak van Covid

Met die Covid-pandemie wat almal hard getref het, wil BDO Namibia die publiek help met ‘n gratis uur lange opleidingsessie oor die impak van trauma na trauma, wat vlaag na vlaag ervaar word. Die opleidingsessie sal op 18 Augustus om een-uur die middag op Microsoft Teams aangebied word. Nicole Dreyer BDO Namibia se bemarkings- en […]

Read More

Venaani vra Namibiërs om hulle te laat inent teen Covid-19

McHenry Venaani, leier van die Popular Democratic Movement, die amptelike opposisie, het ‘n beroep op alle Namibiërs gedoen om hulle Covid-inentings te kry. Hy sê dit is die regte ding om tydens ‘n pandemie te doen om hierdie siekte te beveg wat ons landgenote uitwis. Venaani het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Read More