SA nou op vlak-drie

President Cyril Ramaphosa sê die Suid-Afrikaanse kabinet het besluit om die land onmiddellik na inperkingsvlak-drie af te skuif. Die aandklokreël sal steeds van tien-uur saans tot vier-uur soggens van krag wees, terwyl interprovinsiale reise vir ontspanning nou kan hervat. Die alkohol buiteverkope deur kleinhandelaars sal van Maandag tot Donderdag tussen tien-uur soggens en ses-uur die middag toegelaat word. Byeenkomste kan weer plaasvind, maar is beperk tot 50 mense binnenshuis en 100 in die buitelug. Skole open vandag weer. Ramaphosa het die land toegespreek en sê dit bly verpligtend vir elke inwoner van die land om ‘n gesigmasker te dra: