Covid-gevalle daal plaaslik

Die Namibiese gesondheidsministerie het 810 nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig. Oshakati het 98,Windhoek 80,Opuwo 64, Eenhana 59, Walvisbaai 54, Onandjokwe 53 en Grootfontein 43. Die res kom landwyd voor. Daar is steeds 20 902 aktiewe gevalle, en 92 879 wat herstel het uit ‘n kumulatiewe totaal van 116 603. Die totale sterftesyfer staan tans op 2 811. Die herstelkoers is 80%.