Opleidingsessie oor impak van Covid

Met die Covid-pandemie wat almal hard getref het, wil BDO Namibia die publiek help met ‘n gratis uur lange opleidingsessie oor die impak van trauma na trauma, wat vlaag na vlaag ervaar word. Die opleidingsessie sal op 18 Augustus om een-uur die middag op Microsoft Teams aangebied word. Nicole Dreyer BDO Namibia se bemarkings- en kommunikasiebestuurder, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.