Eros-gemeente hulplyn effe stiller

Daar is volgens dr. Fourie Van Den Berg van die Eros Gemeente in die hoofstad die afgelope tyd aansienlik minder noodoproepe na hulle Covid-19 noodlyn en hulpsentrum. Hy het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat hulle ‘n afname in positiewe gevalle sien, en dit is baie goed.