Drie vas vir hofinbraak

Drie verdagtes sal na verwagting môre in die Katutura-landdroshof verskyn na ‘n inbraak Donderdag-nag by die Katutura-landdroshof. Verskeie skootrekenaars van senior hofpersoneel is gesteel. Vroeg Sondagoggend het owerhede een van die verdagtes opgespoor. Hy het gevlug en is raak geskiet. Hy word tans in die Katutura hospitaal behandel. Twee skootrekenaars is by hom gevind. Owerhede het ook ‘n koper van nog twee skootrekenaars opgespoor en gearresteer en nog twee is Sondagoggend op ‘n minibus-taxi op pad na Oshikango gevind. Die drie verdagtes is 30, 40 en 50 jaar oud en een was nie betrokke by die inbraak nie en is aangekla vir die besit van gesteelde goedere.