Covid-chaos: mense is siek en sat sê WGO

Die direkteur-generaal van die Wêreldgesondheidsorganisasie, Tedros Ghebreyesus, sê mense is siek en sat vir die chaos wat Covid-19 in ekonomieë en samelewings veroorsaak. Hy het ‘n pleidooi gelewer vir die bespoediging van entstofverspreiding oor die hele wêreld. Ghebreyesus sê entstof-gelykheid is noodsaaklik om te verseker dat 70 persent van die mensdom teen die middel van 2022 ingeënt is.