Swaar sneeu in dele van Suid-Afrika

Motoriste word aangeraai om nie oor die Swartbergpas in die Klein-Karoo in die Wes-Kaap te ry nie, want dit is weens swaar sneeu gesluit. Die hoof van Rampbestuur by die Oudtshoorn-munisipaliteit, Adel Supra-Vertue, sê agt motors het gister in die sneeu vasgeval en moes uitgesleep word. Sneeu het op verskeie berge in die provinsie geval, maar Supra-Vertue sê die Swartbergpas is die enigste een wat op die oomblik gesluit is. Hoe lyk die weer op die oomblik hier by ons. Johan van den Berg, ‘n bekende weerkenner van Suid-Afrika, met sy voorspelling.