Veediefstal neem toe in Omitara gebied

Sedert November verlede jaar het veediefstal en stropery in en om die Omitara-gebied skerp toegeneem. Daar sal Saterdag om 10-uur ‘n vergadering wees by Marina Lamprecht se plaas Rooikraal en Generaal-Majoor Joseph Shikongo sal boere van die Khomas- en Omaheke-streke toespreek. Lamprecht het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en boere uitgenooi om haar te kontak […]

Read More

EHRA deel jongste oor olifant-konflik

Konflik met olifante, veral in die noordooste en noordweste van die land neem toe en talle boere sit met hulle hande in hulle hare oor skade wat die diere aanrig. Verskeie vergaderings tussen rolspelers is reeds gehou en opsies soos korridors is bespreek. Kosmos 94.1 Nuus het aangeklop by die Hoof Uitvoerende Beampte van die […]

Read More

Kinderadvokaat reageer op selfmoord van boelie-slagoffer

Reaksie word ontvang op berigte dat die Limpopo polisie ‘n meisie van 15 in hegetenis geneem het nadat ‘n video wat wys hoe sy ‘n medeleerder gewelddadig aanval op sosiale media verskyn het. Die slagoffer het na bewering kort daarna selfmoord gepleeg. Ingrid Husselmann, die Namibiese Kinderadvokaat het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Read More

Almal moet minimumloon betaal

Die Uitvoerende Direkteur in die Namibiese Ministerie van Arbeid Bro-Mathew Shinguadja het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat alle maatskappye tans die minimumloon vir sekuriteitswagte moet betaal. Daar was volgens hom sommiges wat dit nie geïmplementeer het nie as gevolg van ‘n hofgeding wat die ooreenkoms teen gestaan het en wat deur Rubicon gebring is […]

Read More

Petroleum Kommissaris reageer op Recon aankondiging

Die Namibiese Petroleum Kommissaris Maggy Shino het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die aankondiging dat daar wel petroleum bronne in die Kavango-bekken deur die Kanadese firma ReconAfrica bevestig is. Die aankondiging is vroeër gemaak…

Read More

Entstowwe word deurentyd gemonitor

Die Wêreldgesondheidsorganisasie se Afrika-streek het vanoggend ‘n virtuele perskonferense gehou oor verskeie aspekte van die entstof en inenting op die vasteland. Die Hoof Uitvoerende Beampte van die buurland se Regulerende Owerheid vir Suid-Afrikaanse Gesondheidsprodukte, bekend as SAHPRA, Dr Boitumelo Semete, het Afrikane daaraan herinner dat entstowwe deurlopend gemonitor word.

Read More

Kinders se voete word gewas…

‘n Suid-Afrikaanse humanitêre organisasie, The Samaritan’s Feet SA, het hierdie week hul Reis van Hoop-veldtog begin deur kinders se voete te was by die Laerskool Attie Van Wyk in Kaapstad. Hulle het ook skoene geskenk aan kinders wat dit nodig het. Die Voorsitter, Elanie Fourie,sê die veldtog se hoeksteen is waardigheid:

Read More

Kanime moet weer aansoek doen

Daar word berig dat die Hoof van die Windhoek Stadspolisie Abraham Kanime weer aansoek sal moet doen vir sy pos. Dit volg na die Hoërhof beslis het dat die 3-jaar verlenging van sy aanstelling deur die vorige Windhoek Stadsraad, onwettig was. Luidens plaaslike media, het Ignatius Semba van die PDM-party en ook ‘n lid van […]

Read More

Wagte eis verhogings

Sekuriteitswagte het ‘n petisie ingedien by die Namibiese Ministerie van Arbeid waar hulle verhogings eis. Op die oomblik word wagte steeds betaal ingevolge die minimumloon wat in September 2017 in die Staatskoerant gepubliseer is. Junior wagte verdien 8 doller 75 sent per uur en wagte met ondervinding van 5 jaar of meer verdien 10 doller […]

Read More

Kaapse ouers kla oor 400 kinders wat onder bome skoolgaan

Ouers van Eersterivier in Kaapstad het ‘n vreedsame betoging gehou oor hul kinders wat steeds onder bome skoolgaan. Suid-Afrika het dieselfde uitdagings as Namibië met voldoende skool infrasktruktuur. ‘n Woordvoerder van die betogers onder leiding van die ANC, Andile Lili, sê ondanks ingryping deur die Wes-Kaapse Departement van Onderwys is daar steeds 400 leerlinge wat […]

Read More