Kanime moet weer aansoek doen

Daar word berig dat die Hoof van die Windhoek Stadspolisie Abraham Kanime weer aansoek sal moet doen vir sy pos. Dit volg na die Hoërhof beslis het dat die 3-jaar verlenging van sy aanstelling deur die vorige Windhoek Stadsraad, onwettig was. Luidens plaaslike media, het Ignatius Semba van die PDM-party en ook ‘n lid van die stadsraad die aansoek voor die hof gebring. ‘n Ooreenkoms is in die saak bereik en die stadsraad en Semba het ooreengekom dat die verlenging van Kanime se kontrak onwettig was. Nuusagentskappe berig Kanime het op 29 April verlede jaar die verlengde kontrak onderteken.