Entstowwe word deurentyd gemonitor

Die Wêreldgesondheidsorganisasie se Afrika-streek het vanoggend ‘n virtuele perskonferense gehou oor verskeie aspekte van die entstof en inenting op die vasteland. Die Hoof Uitvoerende Beampte van die buurland se Regulerende Owerheid vir Suid-Afrikaanse Gesondheidsprodukte, bekend as SAHPRA, Dr Boitumelo Semete, het Afrikane daaraan herinner dat entstowwe deurlopend gemonitor word.