EHRA deel jongste oor olifant-konflik

Konflik met olifante, veral in die noordooste en noordweste van die land neem toe en talle boere sit met hulle hande in hulle hare oor skade wat die diere aanrig. Verskeie vergaderings tussen rolspelers is reeds gehou en opsies soos korridors is bespreek. Kosmos 94.1 Nuus het aangeklop by die Hoof Uitvoerende Beampte van die olifant beskermingsgroep EHRA, Rachel Harris vir die jongste.