Almal moet minimumloon betaal

Die Uitvoerende Direkteur in die Namibiese Ministerie van Arbeid Bro-Mathew Shinguadja het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat alle maatskappye tans die minimumloon vir sekuriteitswagte moet betaal. Daar was volgens hom sommiges wat dit nie geïmplementeer het nie as gevolg van ‘n hofgeding wat die ooreenkoms teen gestaan het en wat deur Rubicon gebring is maar, die saak is onttrek by die Hoërhof.