Wagte eis verhogings

Sekuriteitswagte het ‘n petisie ingedien by die Namibiese Ministerie van Arbeid waar hulle verhogings eis. Op die oomblik word wagte steeds betaal ingevolge die minimumloon wat in September 2017 in die Staatskoerant gepubliseer is. Junior wagte verdien 8 doller 75 sent per uur en wagte met ondervinding van 5 jaar of meer verdien 10 doller per uur, op die minimumloon-standaard. Wagte vra dat junior wagte 10 doller per uur verdien en senior wagte, 15 doller. Hulle meen hulle word uitgebuit en werk baie lang ure, sommige tye sonder voldoende ondersteuning aan diens. David Frans, die Sekretaris-Generaal van die betrokke vakbond, die Namibiese Sekuriteitswag Unie sê die ministerie het 14 dae om gehoor te gee of sy lede sal staak.