US$100 vir elke Amerikaner wat inent

Covid-gevalle in Amerika het ‘n baie skerp styging oor die afgelope dae getoon en die land stap weer aan na 100 000 nuwe gevalle daagliks. President Joe Biden sê ernstige gevalle en hospitaliserings kom voor in persone wat nie geënt is nie en het ‘n paar aansporingsmeganismes bekend gestel, wat betaling insluit…

Read More

Thieme hoop ook op verslapping van maatreëls

Alle oë sal vanmiddag om drie-uur op Staatshuis wees wanneer President Hage Geingob die jongste Covid-maatreëls sal aankondig. Kosmos 94.1 Nuus het met die uitvoerende voorsitter van die Ohlthaver en List-groep, Sven Thieme gepraat oor sy verwagtinge…

Read More

Afgetrede generaal-majoor nou verbind met oudminister se bees

Die afgetrede generaal-majoor Thomas Hamunyela bly in die nuus. Hy het vroeër die jaar die aandag van die media getrek toe hy gearresteer is vir die diefstal van vyf bees naby die Mutorwa-nedersetting in Kavango Wes en toe hy in die Rundu landdroshof verskyn toe bieg hy dat hy ‘n AK-47 besit. Hy het aan […]

Read More

Hoe voel die kinders om terug te gaan skool toe?

Alle skole in Namibië heropen volgende week op Woensdag 4 Augustus. Volgens die Namibiese onderwysministerie se uitvoerende direkteur, Sanet Steenkamp, is alle stelsels in plek vir die heropening van skole. Kosmos 94.1 Nuus het met leerders gesels om uit te vind of hulle opgewonde is om terug te gaan skool toe.

Read More

Noa-heraanstelling: PDM sê hy baklei voort

Die Nasionale Vergadering het die heraanstelling van Paulus Noa as direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie van Namibië, en sy adjunk, advokaat Erna van der Merwe as adjunk-direkteur-generaal, goedgekeur, ondanks heftige teenkanting van opposisiepartye. Roberto Dirkse, woordvoerder van McHenry Venaani, leier van die opposisieparty Popular Democratic Movement, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die regerende party het […]

Read More

SA-drankbedryf in onbekende terrein…

Die jongste verbod op alkoholverkope het Suid-Afrika 37,6 miljard Namibiese dollar gekos en die drankbedryf op onbekende terrein laat beland. Dit is volgens die bemarkings-navorsingsmaatskappy, NielsenIQ, se verslag “Recovering from a Sobering Situation”. Data van semi-groothandelaars, herverspreiders, kruidenierswinkels en gelisensieerde kroeë en tavernes is gebruik, maar nie dié van restaurante en hotelle nie. NielsenIQ SSA […]

Read More

Beter entstoflewering in Afrika

Die Wêreldgesondheidsorganisasie se Afrika-streek sê die lewering van Covid-19-entstowwe aan die vasteland is besig om vinnig te verbeter. Byna 4 miljoen dosisse van Covax het verlede week in Afrika aangekom, vergeleke met slegs 245 000 dosisse van dié fasiliteit gedurende Junie. Afrika het tot dusver byna 79 miljoen dosisse entstof ontvang en 21 miljoen mense, […]

Read More

Teenkanting oor Paulus Noa se heraanstelling as Teenkorrupsie-hoof

Die proses om Paulus Noa as die direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie van Namibië weer aan te stel, is weer vandag met teenstand in die Nasionale Vergadering begroet. Ondanks die heftige teenkanting van opposisiepartye, is Noa in die posisie heraangestel. Volgens die opposisiepartye was vandag se sessie in die Nasionale Veragdering onwettig en die stemproses vandag […]

Read More

‘Sluiting van Aranos-abattoir was te wagte’

Die sluiting van die Aranos-abattoir, Namibia Natural Meat Producers, vroeër vandeesmaand as die laaste skaapuitvoer-abattoir wat nog sake gedoen het, was onafwendbaar, het rolspelers aan Namibiese landbou-media gesê. Volgens statistieke het dié abattoir feitlik geen deurset die afgelope agt maande gehad nie en Namibiese Vleisraad-personeel by dié abattoir is reeds afgelê. Volgens Jako van Wyk, […]

Read More

Beijing het eerste positiewe Covid-geval in ses maande

Die eerste geval van Covid-19 in ses maande is in die Chinese hoofstad Beijing aangeteken. Owerhede daar skarrel tans om te keer dat die hoogs aansteeklike Delta-variant verder versprei, berig internasionale media. Nóg gevalle is in die stad Nanjing aangeteken.

Read More