SA-drankbedryf in onbekende terrein…

Die jongste verbod op alkoholverkope het Suid-Afrika 37,6 miljard Namibiese dollar gekos en die drankbedryf op onbekende terrein laat beland. Dit is volgens die bemarkings-navorsingsmaatskappy, NielsenIQ, se verslag “Recovering from a Sobering Situation”. Data van semi-groothandelaars, herverspreiders, kruidenierswinkels en gelisensieerde kroeë en tavernes is gebruik, maar nie dié van restaurante en hotelle nie. NielsenIQ SSA se handelsdirekteur, Ged Nooy, sê die werklikheid is ‘n veranderde verbruiker en ander kooppatrone in winkels.