Hoe voel die kinders om terug te gaan skool toe?

Alle skole in Namibië heropen volgende week op Woensdag 4 Augustus. Volgens die Namibiese onderwysministerie se uitvoerende direkteur, Sanet Steenkamp, is alle stelsels in plek vir die heropening van skole. Kosmos 94.1 Nuus het met leerders gesels om uit te vind of hulle opgewonde is om terug te gaan skool toe.