Teenkanting oor Paulus Noa se heraanstelling as Teenkorrupsie-hoof

Die proses om Paulus Noa as die direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie van Namibië weer aan te stel, is weer vandag met teenstand in die Nasionale Vergadering begroet. Ondanks die heftige teenkanting van opposisiepartye, is Noa in die posisie heraangestel. Volgens die opposisiepartye was vandag se sessie in die Nasionale Veragdering onwettig en die stemproses vandag word as ongrondwetlik geag. Roberto Dirkse, woordvoerder van McHenry Venaani, leier van die Popular Democratic Movement, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.