‘Sluiting van Aranos-abattoir was te wagte’

Die sluiting van die Aranos-abattoir, Namibia Natural Meat Producers, vroeër vandeesmaand as die laaste skaapuitvoer-abattoir wat nog sake gedoen het, was onafwendbaar, het rolspelers aan Namibiese landbou-media gesê. Volgens statistieke het dié abattoir feitlik geen deurset die afgelope agt maande gehad nie en Namibiese Vleisraad-personeel by dié abattoir is reeds afgelê. Volgens Jako van Wyk, ondervoorsitter van die Lewendehawe Produsente Organisasie, is die sluiting van die Aranos-abattoir geen verrassing nie.