Noa-heraanstelling: PDM sê hy baklei voort

Die Nasionale Vergadering het die heraanstelling van Paulus Noa as direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie van Namibië, en sy adjunk, advokaat Erna van der Merwe as adjunk-direkteur-generaal, goedgekeur, ondanks heftige teenkanting van opposisiepartye. Roberto Dirkse, woordvoerder van McHenry Venaani, leier van die opposisieparty Popular Democratic Movement, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die regerende party het sy meerderheid in die parlement gebruik. Dirkse sê dit is nie die einde van hul geveg teen korrupsie nie.