Beter entstoflewering in Afrika

Die Wêreldgesondheidsorganisasie se Afrika-streek sê die lewering van Covid-19-entstowwe aan die vasteland is besig om vinnig te verbeter. Byna 4 miljoen dosisse van Covax het verlede week in Afrika aangekom, vergeleke met slegs 245 000 dosisse van dié fasiliteit gedurende Junie. Afrika het tot dusver byna 79 miljoen dosisse entstof ontvang en 21 miljoen mense, oftewel 1,6 persent van die vasteland se bevolking, is volledig ingeënt. Matshidiso Moeti van die WGO sê sy wil ‘n beroep op lande met oortollige dosisse doen, om dit dringend te deel, in die gees van lewensreddende solidariteit.