Afgetrede generaal-majoor nou verbind met oudminister se bees

Die afgetrede generaal-majoor Thomas Hamunyela bly in die nuus. Hy het vroeër die jaar die aandag van die media getrek toe hy gearresteer is vir die diefstal van vyf bees naby die Mutorwa-nedersetting in Kavango Wes en toe hy in die Rundu landdroshof verskyn toe bieg hy dat hy ‘n AK-47 besit. Hy het aan die hof gesê hy het die wapen gevat toe hy uit die weermag afgetree het omdat sy land hom dalk nodig sal hê. Volgens die jongste berigte word Hamunyela nou verbind met vee wat van die voormalige minister Jerry Ekandjo gesteel is. Die diere is volgens berigte op sy plaas gevind. Hy sê Ekandjo se plaas is net 83 kilometer van sy plaas af so die bees kon self daar gekom het. Hamunyela word deur Sisa Namandje verteenwoordig en sy saak is tot 21 Oktober uitgestel.