Ooreenkoms onderteken om sport onder die jeug in Afrika te bevorder

Sport vir ontwikkeling in Afrika oftewel GIZ- SD4A ,en die Spesiale Olimpiese Afrika streek het ‘n nuwe vennootskapsooreenkoms onderteken om saam te werk in inklusiewe sport ontwikkelingsprojekte in die Ivoorkus, Ghana, Kenia, Namibië en Senegal. Hierdie ooreenkoms sal ‘n vennootskap tot standbring om projekte vir die jeug deur sport in Afrika te bevorder.Die ondertekening het […]

Read More

Betogings in Australië teen Covid-inperkings

Meer as 250 mense is in Australië in hegtenis geneem weens betogings teen koronavirus-inperkings. Minstens sewe polisiebeamptes is beseer toe skermutselings by sommige van die betogings in verskeie stede landwyd uitgebreek het. Die grootste en gewelddadigste betoging was in Melbourne. Inperkingsmaatreëls is al twee maande in Sydney van krag terwyl Melbourne en die hoofstad Canberra […]

Read More

Zimbabwe oorweeg vergoeding vir families van slagoffers van die 1983 massamoord

Die regering van Zimbabwe oorweeg volgens berigte uit die buurland vergoeding aan families van slagoffers van die Gukurahundi-slagtings van 1983. Meer as 20 000 mense is vermoor toe Robert Mugabe ‘n opstand in Matabeleland militêr onderdruk het.Meerbesonderhede hieroor sal volgens berigte uit Harare binnekort bekendgemaak word.

Read More

Die Springbokke doen dit weer

Rugby: Drieë deur Makazoli Mapimpi en Malcolm Marx en 19 punte van Handré Pollard se skopskoen het aan die Springbokke ‘n oorwinning van 29-10 oor Argentinië in ‘n Kampioenskaps-kragmeting in die Nelson Mandela-stadion besorg. Die Bokke het teen rustyd met 15-3 voorgeloop. Die Pumas het 21 strafskoppe afgestaan teenoor Suid-Afrika se elf. Trevor Nyakane moes […]

Read More

Betoging teen Covid-inentings in Kaapstad

Die Universiteit van Kaapstad se Fakulteit van Gesondheidswetenskappe het sy kommer uitgespreek oor die teen-inentings-betoging wat buite die Groote Schuur-hospitaal gehou is. ‘n Groep mense wat teen Covid-inenting gekant is, het byeengekom om hulle steun vir die hartsjirurg dr. Susan Vosloo te toon, ná haar teen-inentingsboodskap. Die dekaan van Gesondheidswetenskappe by die universiteit, Lionel Green-Thompson, […]

Read More

Nog geweld word die week verwag oor Zuma

Die ANC in KwaZulu-Natal sê hy sal dit nie duld dat enige lede van die party aan ‘n beplande afsluiting deelneem wat glo môre gaan plaasvind ter ondersteuning van oud-president Jacob Zuma nie. Die party se provinsiale woordvoerder, Nhlakanipho Ntombela, sê enige lid wat betrap word dat hy of sy die party se banier misbruik, […]

Read More

Christine en Beatrice maak Namibië trots

Sport. Nog baie goeie nuus vir Namibië is dat die Namibiese naellopers Christine Mboma en Beatrice Masilingi onderskeidelik goud en silwer gewen het in die 200 meter-finaal op die Wêreldatletiek-byeenkoms Onder-20 Kampioenskappe in Nairobi, Kenia. Boonop breek Mboma ook die o.20 wêreldrekord met haar tyd van 21,84 sekondes.

Read More

Plaaslike tale sal nou aangebied word as ‘n opsie vir skriftelike leerlinglisensietoetse

Die Namibiese Paaie Owerheid het bekendgemaak dat skriftelike leerlinglisensietoetse in versklillende plaaslike tale by alle NaTIS –kantore landwyd, van môre af van krag sal wees. Plaaslike tale sal nou aangebied word as ‘n opsie vir skriftelike leerlinglisensietoetse, aan aansoekers wat nie vertroud is met Engels nie. Engels bly steeds die primêre medium vir die toetse […]

Read More

Chani Rabe van Namibië, is as Mej. Supranational 2021 gekroon

Chani Rabe van Namibië, is as Mej. Supranational 2021 gekroon by die 12 de weergawe van die Mej. Supranational-kompetisie in Pole.Rabe van Windhoek was van die begin af baie gewild en is byna deurlopend as voorloper bestempel. Wat dit verder merkwaardig maak is dat Chani die eerste keer die mej. Supranasionale kroon vir Namibië en […]

Read More

To recognize Know About Ukrainian Dating Before you begin Dating a Ukrainian Girl

Ukraine is definitely a wealthy country. As a result, most of the women generally there have degree than the normal American. They get pride within their education, they usually want to produce as individuals. Subsequently, many Ukrainian beauties go to master classes, supplementary programs, and curiosity groups. They can also tolerate extremely cold heat, and […]

Read More