Nog geweld word die week verwag oor Zuma

Die ANC in KwaZulu-Natal sê hy sal dit nie duld dat enige lede van die party aan ‘n beplande afsluiting deelneem wat glo môre gaan plaasvind ter ondersteuning van oud-president Jacob Zuma nie. Die party se provinsiale woordvoerder, Nhlakanipho Ntombela, sê enige lid wat betrap word dat hy of sy die party se banier misbruik, sal gedissiplineer word. Boodskappe word op die oomblik op sosiale media versprei oor planne vir meer geweld môre, na verlede maand se onrus in KwaZulu-Natal en Gauteng.