Ooreenkoms onderteken om sport onder die jeug in Afrika te bevorder

Sport vir ontwikkeling in Afrika oftewel GIZ- SD4A ,en die Spesiale Olimpiese Afrika streek het ‘n nuwe vennootskapsooreenkoms onderteken om saam te werk in inklusiewe sport ontwikkelingsprojekte in die Ivoorkus, Ghana, Kenia, Namibië en Senegal. Hierdie ooreenkoms sal ‘n vennootskap tot standbring om projekte vir die jeug deur sport in Afrika te bevorder.Die ondertekening het plaasgevind tydens ‘n virtuele ondertekeningseremonie. Volgens GIZ- SD4A is die helfte van Afrika se 1,2 miljard bevolking onder die ouderdom van 25. Om vir hierdie jong generasie ‘n dryfveer vir volhoubare ontwikkeling te wees, benodig dit volgens SA4A onder andere vrede, toegang tot onderwys en sport.Sport het bewys dat dit ‘n effektiewe manier is om opvoeding, vrede, voorkoming van geweld, geslagsgelykheid en gesondheid te bevorder.