Die Springbokke doen dit weer

Rugby: Drieë deur Makazoli Mapimpi en Malcolm Marx en 19 punte van Handré Pollard se skopskoen het aan die Springbokke ‘n oorwinning van 29-10 oor Argentinië in ‘n Kampioenskaps-kragmeting in die Nelson Mandela-stadion besorg. Die Bokke het teen rustyd met 15-3 voorgeloop. Die Pumas het 21 strafskoppe afgestaan teenoor Suid-Afrika se elf. Trevor Nyakane moes die veld in die eerste helfte verlaat en Jaden Hendrikse is laat in die wedstryd op ‘n draagbaar van die veld. Die Springbokke het met dié oorwinning nou ‘n voorsprong van vier-punte oor Nieu-Zeeland in die Kampioenskapsreeks.