Christine en Beatrice maak Namibië trots

Sport. Nog baie goeie nuus vir Namibië is dat die Namibiese naellopers Christine Mboma en Beatrice Masilingi onderskeidelik goud en silwer gewen het in die 200 meter-finaal op die Wêreldatletiek-byeenkoms Onder-20 Kampioenskappe in Nairobi, Kenia. Boonop breek Mboma ook die o.20 wêreldrekord met haar tyd van 21,84 sekondes.