Zimbabwe oorweeg vergoeding vir families van slagoffers van die 1983 massamoord

Die regering van Zimbabwe oorweeg volgens berigte uit die buurland vergoeding aan families van slagoffers van die Gukurahundi-slagtings van 1983. Meer as 20 000 mense is vermoor toe Robert Mugabe ‘n opstand in Matabeleland militêr onderdruk het.Meerbesonderhede hieroor sal volgens berigte uit Harare binnekort bekendgemaak word.