Plaaslike tale sal nou aangebied word as ‘n opsie vir skriftelike leerlinglisensietoetse

Die Namibiese Paaie Owerheid het bekendgemaak dat skriftelike leerlinglisensietoetse in versklillende plaaslike tale by alle NaTIS –kantore landwyd, van môre af van krag sal wees. Plaaslike tale sal nou aangebied word as ‘n opsie vir skriftelike leerlinglisensietoetse, aan aansoekers wat nie vertroud is met Engels nie. Engels bly steeds die primêre medium vir die toetse by alle NaTIS-kantore. Die taalopsies is onder andere Afrikaans, Nama/Damara, Otjiherero, Oshiwambo, Rukwangali en Silozi. Ander tale sal in die toekoms bygevoeg word.