Zondo-kommissie soek nog N$90 miljoen

Die Zondo-kommissie in Suid-Afrika benodig nog N$90 miljoen om sy ondersoek na staatskaping teen einde Junie af te handel, is Vrydag in parlement onthul. Finansiesminister Tito Mboweni het in Februarie gesê die kommissie moenie verdere finansiering verwag nie.

Read More

SAL wil in Julie vlugte hervat

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens mik om weer teen 1 Julie vlugte te hervat en beplan om eers op 3 binnelandse en 9 streeksvlugte in Afrika fokus. SAL wil onder in Afrika na Namibië, Zimbabwe, Ghana, Zambië, Malawi, Nigerië, Mosambiek en die Demokratiese Republiek Kongo vlieg.

Read More

Geen leerder in SA gedwing om inenting te ontvang

Die Suid-Afrikaanse Departement van Basiese Onderwys het AfriForum verseker dat geen leerder gedwing gaan word om ‘n Covid-inenting te ontvang nie. Dit volg nadat die departement in ‘n mediaverklaring aangedui het dat ouers en voogde gedwing sal word om leerders te registreer as deel van die Departement van Gesondheid se inentingsprogram. AfriForum se bestuurder van […]

Read More

Kameelperdjagters vas

Sewe vermeende wildmisdadigers is verlede week in Namibië in hegtenis geneem en vier sake is aanhangig gemaak. Vier mans is by Okahao in verband met die onwettige jag van ‘n kameelperd vasgetrek en 3 mans by Nkurenkuru met vyf luislangvelle. Die Woordvoerder van die Omgewingsministerie, Romeo Muyunda, vertel meer aan Kosmos 94.1 Nuus.

Read More

Renosterhoringsmokkelaar se voertuig verbeurd verklaar

Renosterhoringsmokkelaar Tangi Sheefeni Namwandi wat op 15 Junie 2016 met vier renosterhorings in sy luukse voertuig betrap is, se voertuig is verbeurd aan die staat verklaar. Hy is in die Katutura-landdroshof gevonnis tot ‘n boete van N$20 000 of tronkstraf van 2 jaar waarvan 1 jaar vir 5 jaar opgeskort is. Die Hoof van die […]

Read More

Harbeespoort se eiendomme gesog

‘n Suid-Afrikaanse eiendomsagent skryf die skerp toename in die eiendomsmark in die Hartbeespoortdam-area in Noordwes toe aan die feit dat dit veilig is, langs water en binne bereik van geriewe is, en boonop is die Lanseria-lughawe net 30 minute ver. Pam Golding Properties se gebiedshoof, Erika van der Westhuizen, sê die area is gewild onder […]

Read More

Magashule se lot vandag bepaal

Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa sal na berig word vanmiddag ‘n vergadering lei om die lot van die ANC se geskorste Sekretaris-Generaal, Ace Magashule, en sy teenkanting oor die besluit te bespreek. Volgens berigte sal Adjunkpresident David Mabuza, Tesourier-Generaal Paul Mashatile, Nasionale Voorsitter Gwede Mantashe en Jesse Duarte die vergadering bywoon. Daar sal na bewering ook […]

Read More

Plaaslike toeriste ondersteun Swakopmund

Swakopmund, as een van Namibië se grootste toerismetrekpleisters, is baie erg deur die pandemie geraak. Tog is daar tekens dat die toerismebedryf effe verbeter, het die Swakopmundse sakeman Anton von Wietersheim aan Kosmos 94,1 Nuus gesê. Hy sê daar kom nog nie baie internasionale toeriste kuier nie, net enkele selfry-toeriste wat slegs inkomste aan oornagplekke […]

Read More

Geslags-aktivis bevraagteken voedselsekuriteit vir vroue

Die Minister van Landbou, Water en Grondhervorming, Calle Schlettwein, het die ‘Strengthening Namibia’s food systems’-program van stapel gestuur. Japan het deur die Verenigde Nasies se Ontwikkelingsprogram sowat N$14,5 miljoen aan die program geskenk. Dit fokus op die versterking van Namibië se voedselstelsels om ná noodgevalle en siektes te herstel. Voedselsekuriteit is ‘n uitdaging in Namibië, […]

Read More

Repatriasievlugte vir Australiërs uit Indië

Die Australiese eerste minister Scott Morrison het aangekondig dat repatriasievlugte vir sy kwesbare burgers in Indië volgende week sal hervat. Sowat 900 burgers sal ontruim word. Dit volg na wydverspreide kritiek op ‘n omstrede verbod op vlugte uit Indië ná ‘n skerp styging in korona-gevalle in dié land. Die Australiese regering het selfs gedreig dat […]

Read More