Harbeespoort se eiendomme gesog

‘n Suid-Afrikaanse eiendomsagent skryf die skerp toename in die eiendomsmark in die Hartbeespoortdam-area in Noordwes toe aan die feit dat dit veilig is, langs water en binne bereik van geriewe is, en boonop is die Lanseria-lughawe net 30 minute ver. Pam Golding Properties se gebiedshoof, Erika van der Westhuizen, sê die area is gewild onder Gautengers, maar ook onder mense uit ander dele van die land en selfs van oorsee. Meer as ‘n kwart van onlangse kopers was 35 jaar en jonger.