Geen leerder in SA gedwing om inenting te ontvang

Die Suid-Afrikaanse Departement van Basiese Onderwys het AfriForum verseker dat geen leerder gedwing gaan word om ‘n Covid-inenting te ontvang nie. Dit volg nadat die departement in ‘n mediaverklaring aangedui het dat ouers en voogde gedwing sal word om leerders te registreer as deel van die Departement van Gesondheid se inentingsprogram. AfriForum se bestuurder van onderwysregte, Natasha Venter, sê die burgerregtegroep het duidelikheid oor die kwessie versoek.