Kameelperdjagters vas

Sewe vermeende wildmisdadigers is verlede week in Namibië in hegtenis geneem en vier sake is aanhangig gemaak. Vier mans is by Okahao in verband met die onwettige jag van ‘n kameelperd vasgetrek en 3 mans by Nkurenkuru met vyf luislangvelle. Die Woordvoerder van die Omgewingsministerie, Romeo Muyunda, vertel meer aan Kosmos 94.1 Nuus.