Renosterhoringsmokkelaar se voertuig verbeurd verklaar

Renosterhoringsmokkelaar Tangi Sheefeni Namwandi wat op 15 Junie 2016 met vier renosterhorings in sy luukse voertuig betrap is, se voertuig is verbeurd aan die staat verklaar. Hy is in die Katutura-landdroshof gevonnis tot ‘n boete van N$20 000 of tronkstraf van 2 jaar waarvan 1 jaar vir 5 jaar opgeskort is. Die Hoof van die Blue Rhino-taakspan, Kommissaris Barry de Klerk, gee meer inligting oor die saak aan Kosmos 94.1 Nuus.