Plaaslike toeriste ondersteun Swakopmund

Swakopmund, as een van Namibië se grootste toerismetrekpleisters, is baie erg deur die pandemie geraak. Tog is daar tekens dat die toerismebedryf effe verbeter, het die Swakopmundse sakeman Anton von Wietersheim aan Kosmos 94,1 Nuus gesê. Hy sê daar kom nog nie baie internasionale toeriste kuier nie, net enkele selfry-toeriste wat slegs inkomste aan oornagplekke bring. Von Wietersheim sê toerismewinkels kry nog swaar, maar plaaslike toeriste ondersteun Swakopmund goed.