Geslags-aktivis bevraagteken voedselsekuriteit vir vroue

Die Minister van Landbou, Water en Grondhervorming, Calle Schlettwein, het die ‘Strengthening Namibia’s food systems’-program van stapel gestuur. Japan het deur die Verenigde Nasies se Ontwikkelingsprogram sowat N$14,5 miljoen aan die program geskenk. Dit fokus op die versterking van Namibië se voedselstelsels om ná noodgevalle en siektes te herstel. Voedselsekuriteit is ‘n uitdaging in Namibië, sê ‘n Geslags-aktivis Rosa Namises. Sy wil weet hoe hierdie fondse aangewend gaan word, veral tot voordeel van vroue.