Repatriasievlugte vir Australiërs uit Indië

Die Australiese eerste minister Scott Morrison het aangekondig dat repatriasievlugte vir sy kwesbare burgers in Indië volgende week sal hervat. Sowat 900 burgers sal ontruim word. Dit volg na wydverspreide kritiek op ‘n omstrede verbod op vlugte uit Indië ná ‘n skerp styging in korona-gevalle in dié land. Die Australiese regering het selfs gedreig dat oortreders van die verbod agter tralies sal beland. Morrison sê hy verwag dat die reisverbod op 15 Mei opgehef sal word, maar ‘n finale besluit oor die hervatting van handelsvlugte uit Indië is nog nie geneem nie.