Tekort aan entstof, en geld in Afrika

Die Wêreldgesondheidsorganisasie in die Afrika-streek sê ‘n probleem met die lewering van voorraad aan die vasteland en finansiële uitdagings vertraag die verspreiding van Covid-19-entstowwe. Altesaam 24 miljoen inwoners van Afrika het reeds minstens een dosis entstof ontvang, terwyl 5,5 miljoen altwee dosisse toegedien is. Matshidiso Moeti van die WGO sê aan die een kant word […]

Read More

Norma sê Malusi het data laat uitvee

Die vervreemde vrou van Malusi Gigaba het die voormalige minister van finansies daarvan beskuldig dat hy probeer het om inligting van hul elektroniese toestelle te verwyder. Norma Mngoma het teruggekeer om verder voor die staatkapingskommissie te getuig oor die voormalige egpaar se verhouding met die omstrede Gupta familie. Sy sê Gigaba het ‘n IT-deskundige gekry […]

Read More

Daar’s nie geld vir verhogings nie – Eskom

Eskom het herhaal dat hy hoegenaamd nie geld het om aan enige eise vir salarisverhogings toe te gee nie. Die metaalwerkersvakbond Numsa en die Nasionale Mynwerkersvakbond, NUM, eis ‘n verhoging van 15 persent, terwyl Solidariteit 9,5 persent vra. Eskom se woordvoerder, Sikonathi Mantshantsha, sê die kragvoorsiener se finale aanbod is 1,5 persent van werkers se […]

Read More

N$1,2 miljard vir geslagsgeweld – Cele

Die Suid-Afrikaanse Minister van Polisie, Bheki Cele, het ‘n toekenning van meer as 1,2 miljard Namibiese doller bekend gemaak vir die stryd teen geslagsgeweld in die land. Cele het tydens sy begrotingsrede beklemtoon dat fondse sal help om die polisie se pro-aktiewe en reaktiewe reaksiemetodes te versterk. Cele sê meer hulpbronne sal beskikbaar gestel word […]

Read More

Salarisonderhandelings: Eskom is vermetel

Die metaalwerkersvakbond Numsa het sy teleurstelling uitgespreek oor sy salarisonderhandelings met Eskom. Hoofsekretaris Irvin Jim sê die kragvoorsiener het geweier om sinvol met hulle in gesprek te tree. Numsa het ‘n verhoging van 15 persent geëis. Jim sê Eskom se bestuur is vermetel om Seriti en South32 49 persent meer te betaal terwyl arm werkers […]

Read More

Ongwediva span saam met Unam vir opleiding

Die Ongwediva-dorpsraad in samewerking met die Universiteit van Namibië se Ongongo-kampus gaan 10 begunstigdes van Ongwediva kies wat opleiding in landboupraktyke sal ontvang. Hulle sal voedselsekuriteit en armoede-verligting deur volhoubare landbou-praktyke bevorder. Mense wat kan aansoek doen is werklose vroue, mense met gestremdhede, asook pensioenarisse tussen 60 en 75 jaar oud. Jy moet ook spasie […]

Read More

Bokke terug by die Kampioenskap

Die Springbokke keer terug na die Kampioenskap met twee tuistoetse teen Argentinië in Augustus, voor hulle vertrek op ‘n toer van vier wedstryde in Australasië. Vanjaar se reeks van 12 kragmetings behels twee in Suid-Afrika – albei teen die Pumas – vyf in Australië en vyf in Nieu-Seeland. Suid-Afrika se direkteur van Rugby, Rassie Erasmus, […]

Read More

Hage sal nie by NBC intree nie

President Hage Geingob het weer beklemtoon dat hy nie tussenbeide sal tree in die staking van die personeel by die nasionale uitsaaier nie. Die NBC se personeel staak nou amper ‘n maand lank en daar is kommer omdat die meerderheid Namibiërs, veral in landelike gebiede staatmaak op die korporasie vir inligting. Geingob sê daar is […]

Read More

Hou op om apartheid ens., te blameer!

Die IPC-party se Raadslid vir die Walvisbaai Stedelike Kiesafdeling Deriou Benson sê dit is hoog tyd dat die land se leiers ophou om die buiteland, apartheid en oorloë te blameer vir die land se maatskaplike uitdagings en ekonomiese inkrimping. Benson het in die Nasionale Raad gesê dit is onmoontlik om ‘n land te regeer as […]

Read More

NSFAF-personeel sê hulle is geboelie

Plaaslike media berig dat amptenare van die Namibiese Studente Hulpfonds sê dat hulle geboelie is deur die Ministerie van Hoër Onderwys om beurse aan studente wat by Limkokwing Universiteit in Maleisië studeer, toe te ken. Die instansie is nie plaaslike geakkrediteer nie. Die fonds het ook ‘n beleid om nie beurse toe te ken vir […]

Read More