Ongwediva span saam met Unam vir opleiding

Die Ongwediva-dorpsraad in samewerking met die Universiteit van Namibië se Ongongo-kampus gaan 10 begunstigdes van Ongwediva kies wat opleiding in landboupraktyke sal ontvang. Hulle sal voedselsekuriteit en armoede-verligting deur volhoubare landbou-praktyke bevorder. Mense wat kan aansoek doen is werklose vroue, mense met gestremdhede, asook pensioenarisse tussen 60 en 75 jaar oud. Jy moet ook spasie in jou erf hê om ‘n klein tuin aan te lê en vir 4 weke vir opleiding beskikbaar wees. Jackson Muma, Ongwediva se Woordvoerder, verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus.