Daar’s nie geld vir verhogings nie – Eskom

Eskom het herhaal dat hy hoegenaamd nie geld het om aan enige eise vir salarisverhogings toe te gee nie. Die metaalwerkersvakbond Numsa en die Nasionale Mynwerkersvakbond, NUM, eis ‘n verhoging van 15 persent, terwyl Solidariteit 9,5 persent vra. Eskom se woordvoerder, Sikonathi Mantshantsha, sê die kragvoorsiener se finale aanbod is 1,5 persent van werkers se basiese salaris, op voorwaarde dat die vakbonde die voorgestelde herstrukturering van voordele aanvaar:

Die salaris-onderhandelings sal na verwagting op 31 Junie hervat word.