Hage sal nie by NBC intree nie

President Hage Geingob het weer beklemtoon dat hy nie tussenbeide sal tree in die staking van die personeel by die nasionale uitsaaier nie. Die NBC se personeel staak nou amper ‘n maand lank en daar is kommer omdat die meerderheid Namibiërs, veral in landelike gebiede staatmaak op die korporasie vir inligting. Geingob sê daar is prosesse om ‘n arbeidsgeskil op te los en die korrekte instellings bestaan hiervoor. Dus meen hy dat wetgewing in die verband nagekom moet word en die proses sy gang moet gaan.