NSFAF-personeel sê hulle is geboelie


Plaaslike media berig dat amptenare van die Namibiese Studente Hulpfonds sê dat hulle geboelie is deur die Ministerie van Hoër Onderwys om beurse aan studente wat by Limkokwing Universiteit in Maleisië studeer, toe te ken. Die instansie is nie plaaslike geakkrediteer nie. Die fonds het ook ‘n beleid om nie beurse toe te ken vir kursusse by instansies wat nie deur die Namibiese Kwalifikasie Owerheid geakkrediteer is nie. Luidens berigte is Limkokwing nie operasioneel nie en die owerheid sê so ‘n instansie kan nie geakkrediteer word nie. Die instansie het reeds aansoek vir akkreditasie gedoen maar moet eers operasioneel wees voor dit oorweeg sal word. Daar is gerigte dat die minister, Itah Kandjii-Murangi die instansie voortrek. Sy het besoek by Limkokwing in 2015 afgelê en het belangstelling getoon dat die instansie ‘n Namibiese kampus oopmaak.