Tekort aan entstof, en geld in Afrika

Die Wêreldgesondheidsorganisasie in die Afrika-streek sê ‘n probleem met die lewering van voorraad aan die vasteland en finansiële uitdagings vertraag die verspreiding van Covid-19-entstowwe. Altesaam 24 miljoen inwoners van Afrika het reeds minstens een dosis entstof ontvang, terwyl 5,5 miljoen altwee dosisse toegedien is. Matshidiso Moeti van die WGO sê aan die een kant word die verspreiding van die entstof deur die beperkte voorraad vertraag, terwyl die befondsing daarvan ook ‘n groot probleem is: