
Stygende rentekoerse en huis-eienaarskap - July 21, 2022
Die jongste rentekoersverhogings plaas meer druk op voornemende huiskopers om ingeligte besluite te neem voordat hulle ‘n aanbod maak. Verdere verhogings word oraloor vir 2022 voorspel en veral eerste-keer huiskopers behoort hulself te vergewis van die feite. Die verband-ontwikkelaar in Suid-Afrika, MortgageMe, het wenke vanaf huidige huiseienaars bekom sodat voornemende kopers duur foute kan vermy. […]
Shilunga sê oor winsmarge in brandstof-kleinhandel - July 21, 2022
Die adjunkminister van myne en energie, Kornelia Shilunga, sê die ministerie ondersteun kleinhandelaars in die brandstofbedryf en dat daar geen poging is om die individue uit die mark uit te druk nie. Haar aanmerkings kom na die onlangse vergadering met kleinhandelaars wat ‘n verhoging in die heffing wat hulle ontvang, eis. Volgens Shilunga wil die […]
Enkelpa’s kan geboortesertifikate vir hul kinders kry, hier’s hoe - July 21, 2022
Die Namibiese ministerie van binnelandse sê enkelpa’s kan wel vir hul kinders se geboortesertifikate aansoek doen. Volgens berigte kan kinders van enkelvaders nie skool toe gaan nie, weens ‘n gebrek aan hul geboorte-sertifikate. As hul ma’s nêrens te vinde is nie, is dit veral ‘n uitdaging. Ma’s kan wel aansoek doen vir hul kinders se […]
Boulter, Maree se sake begin vandag in die hoërhof - July 21, 2022
Twee hoë-profiel sake begin vandag in die hoërhof. Die eerste is die moordsaak waar die Britse miljardêr Harvey Boulter aangekla word met die skietdood van sy plaasbestuurder Gerhard van Wyk, 54, in Februarie 2021. Die tweede is die verhoor van die vermeende pedofiel en voormalige polisieman Johann Maree. Hy moet 75 kriminele klagte verdedig. Beide […]
Uraanontginning: Goed vir Leonardville se ekonomie, kommer oor water - July 21, 2022
‘n Gemeenskapslid van Leonardville sê Uranium One se uraan-eksplorasie-projek kan ‘n hupstoot vir die ekonomie gee. Die maatskappy van Kazakstan het verkenningstoer van hul bedrywighede aangebied en Kosmos 94.1 Nuus was op die plaas Tripoli naby Leonardville. Kundiges het die versekering gegee dat die metode in situ loging omgewingsvriendelik en veilig is. Pietie du Toit […]
Cosatu sê beurtkrag sal nog werksverliese veroorsaak - July 21, 2022
Die vakbondfederasie in Suid-Afrika Cosatu sê beurtkrag is ‘n bedreiging vir die voortbestaan van die land se mense. Daar is toenemende kommer dat beurtkrag kan lei tot meer werksverliese in Suid-Afrika. Die hoofsekretaris, Bheki Ntshalintshali, sê die organisasie beplan om voort te gaan om druk op die regering uit te oefen om so vinnig as […]
Toerisme-syfers vir Junie lyk belowend - July 21, 2022
’n Nasionale kamerbesettingskoers van 32,1 persent is gedurende Junie by Namibiese gasvryheids-instansies aangeteken, vergeleke met 39,4 persent in die vorige maand en 16,7 persent in Junie 2021. Dit is volgens die Gasvryheidsvereniging van Namibië se toerismeverslag van Junie. Op ‘n jaargrondslag is die nasionale besettingskoers gemiddeld 29,6 persent, vergeleke met 21,5 persent vir dieselfde tydperk […]
Beroep op Rehoboth-inwoners om te help met skoonmaak - July 21, 2022
Die burgemeester van Rehoboth, Enrico Junias, het ‘n beroep op inwoners gedoen om Vrydagoggend om nege-uur hul moue op te rol en te help om die begraafplaas skoon te maak. Die burgemeester sê dit is belangrik dat inwoners verenig en die grafte van hul geliefdes skoon hou. Junias vra aan inwoners om gereedskap saam te […]
Onwettige handel in drank wek kommer in SA - July 21, 2022
Die Nasionale Drankhandelaars in die buurland is bekommerd oor die onwettige drankbedryf, veral in die landelike gebiede van die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal. Die volg na die nuus van metanol wat in die liggame van die 21 tieners gevind is wat gesterf het by die Enyobeni-taverne in Oos-Londen. Lucky Ntimane van die organisasie sê die onwettige […]
Dis Rishi teen Liz, party-lede moet stem - July 21, 2022
Konserwatiewe parlementslede het die laaste twee kandidate vir die Britse eerste minister gekies. Liz Truss het as oorwinnaar uit ‘n hewige stryd met Penny Mordaunt getree vir die tweede plek. Rishi Sunak was bo-aan die stembrief in al die stemrondes, maar meningspeilings dui daarop dat hy kan sukkel met lede-stemme. Die kandidate sal volgende Maandagaand […]