CIA sê Xi wil binnekort Taiwan oorneem - July 21, 2022

Die direkteur van Amerika se sentrale intelligensie-agentskap, Bill Burns, sê die Chinese President Xi Jinping is vasbeslote om beheer oor Taiwan oor te neem, maar bestudeer die lesse uit Rusland se militêre tekortkoming in Oekraïne voordat hy optree. China beskou onafhanklike Taiwan as deel van sy grondgebied wat op eenheid wag, en geweld is nie […]

Read More

14 000 aap-pokke-gevalle, vyf dood - July 21, 2022

Die Wêreldgesondheidsorganisasie het 14 000 gevalle van aap-pokke wêreldwyd bevestig, met vyf sterftes wat in Afrika aangemeld is. Die WGO se direkteur-generaal Tedros Adhanom Ghebreyesus sê die meeste van die gevalle wat tot dusver aangemeld is, is in Europa. Die WGO sal vandag die tweede vergadering van ‘n komitee belê wat sal besluit of die […]

Read More

Imalwa kry toestemming om te appelleer teen Gustavo-borg - July 21, 2022

Die hoofregter, Peter Shivute het toestemming aan die aanklaer-generaal se kantoor gegee om te appelleer teen vrylating van Fishrot-verdagte Ricardo Gustavo op 800 000 Namibiese dollar se borg. Regter Herman Oosthuizen het hom die borg in Desember verlede jaar, met streng voorwaardes toegestaan. Die staat meen dat die borgaansoek nie op nuwe feite gebring was […]

Read More

ANC werk aan Eskom-situasie - July 21, 2022

Die Suid-Afrikaanse finansminister, Enoch Godongwana, sê die regering werk aan ‘n benadering om die Eskom-situasie te hanteer. Die minister het gister op die Black Industrialist-konferensie gesê die land moet eerder klem lê op elektrisiteitsopwekking, in plaas van op Eskom self. Hy het beklemtoon die land worstel tans met toestande wat buite sy beheer is:

Read More

EU sê Rusland gebruik gas as wapen - July 21, 2022

Die Europese Kommissie beskuldig Rusland van afpersing en sê dié land gebruik gas as ‘n wapen. Lande in die groep is aangeraai om hulle gasverbruik van volgende maand tot Maart volgende jaar met 15 persent te verminder te midde van vrese dat Moskou voorrade sal afsny. Rusland het verlede jaar 40 persent van Europa se […]

Read More

Wenner van N$4 miljard lotery kom na vore - July 21, 2022

Die Verenigde Koninkryk se lotery-operateur, Camelot, is besig om die versoek van die kaartjiehouer na te gaan wat die grootste boerpot ooit in die EuroMillions opgeëis het. Die eerste prys in Dinsdag se trekking is meer as 4 miljard Namibiese dollar werd. Camelot sê die speler se eis sal deur ‘n reeks toetse gaan om […]

Read More

Stygende rentekoerse en huis-eienaarskap - July 21, 2022

Die jongste rentekoersverhogings plaas meer druk op voornemende huiskopers om ingeligte besluite te neem voordat hulle ‘n aanbod maak. Verdere verhogings word oraloor vir 2022 voorspel en veral eerste-keer huiskopers behoort hulself te vergewis van die feite. Die verband-ontwikkelaar in Suid-Afrika, MortgageMe, het wenke vanaf huidige huiseienaars bekom sodat voornemende kopers duur foute kan vermy. […]

Read More

Shilunga sê oor winsmarge in brandstof-kleinhandel - July 21, 2022

Die adjunkminister van myne en energie, Kornelia Shilunga, sê die ministerie ondersteun kleinhandelaars in die brandstofbedryf en dat daar geen poging is om die individue uit die mark uit te druk nie. Haar aanmerkings kom na die onlangse vergadering met kleinhandelaars wat ‘n verhoging in die heffing wat hulle ontvang, eis. Volgens Shilunga wil die […]

Read More

Enkelpa’s kan geboortesertifikate vir hul kinders kry, hier’s hoe - July 21, 2022

Die Namibiese ministerie van binnelandse sê enkelpa’s kan wel vir hul kinders se geboortesertifikate aansoek doen. Volgens berigte kan kinders van enkelvaders nie skool toe gaan nie, weens ‘n gebrek aan hul geboorte-sertifikate. As hul ma’s nêrens te vinde is nie, is dit veral ‘n uitdaging. Ma’s kan wel aansoek doen vir hul kinders se […]

Read More

Boulter, Maree se sake begin vandag in die hoërhof - July 21, 2022

Twee hoë-profiel sake begin vandag in die hoërhof. Die eerste is die moordsaak waar die Britse miljardêr Harvey Boulter aangekla word met die skietdood van sy plaasbestuurder Gerhard van Wyk, 54, in Februarie 2021. Die tweede is die verhoor van die vermeende pedofiel en voormalige polisieman Johann Maree. Hy moet 75 kriminele klagte verdedig. Beide […]

Read More