DA sê reëlings moet vir kanker-pasiënte getref word - April 28, 2021

Die DA eis alternatiewe reëlings vir kanker-pasiënte in die Charlotte Maxeke Johannesburgse Akademiese hospitaal. Die party het die heropening van sekere afdelings van die inrigting verwelkom nadat ‘n brand onlangs uitgebreek het. Sommige pasiënte is na die Steve Biko-hospitaal in Tshwane verwys as die enigste ander staatsinrigting wat bestralings-behandeling doen. Jack Bloom van die DA […]

Read More

Mayweather gaan terug kruit toe - April 28, 2021

Die gewese wêreldkampioen, Floyd Mayweather, en die YouTube-ster Logan Paul het ingestem tot ‘n geveg in die Hard Rock-stadion in Miami op 6 Junie. Mayweather se laaste beroepsgeveg was sy oorwinning oor die gemengde gevegskuns-kampioen Conor McGregor in Augustus 2017. Paul, wat byna 22 miljoen volgelinge het, het ‘n rekord van nul-een nadat hy teen […]

Read More

Ouma vas vir kleintjie se aanranding - April 28, 2021

Die Woordvoerder van die Ohangwena polisie Kaume Itumba het bevestig dat ‘n vrou van 70 in hegtenis geneem is omdat sy na bewering haar 7-jarige kleinkind aangerand het. Die polisie sê dit wil voorkom asof die kind veroorsaak het dat bees in haar mahungu-lande ingekom het. Die kind is weggesteek maar sy beserings is by […]

Read More

“Dis blatante nepotisme!’ - April 28, 2021

Die leier van die PDM-party McHenry Venaani het sy kritiek uitgespreek teenoor berigte dat die Minister van Arbeid Utoni Nujoma se dogter Kandorera onlangs visvangregte ontvang het. Sy is 22. Volgens Venaani het ‘n 22-jarige basies pas hoërskool voltooi maar sy het ‘n kwota bekom. Hy sê dit is wanneer ‘wie jy ken’ gebruik word […]

Read More

Zondokommissie: Cyril begin getuig - April 28, 2021

Kenners meen President Cyril Ramaphosa se getuienis voor die Zondokommissie is ‘n baie belangrike oomblik vir Suid Afrika. Ramaphosa het pas sy eed voor Regter Raymond Zondo afgelê en sal binnekort begin getuig.

Read More

Indië se Covid-krisis lig ongelykheid uit - April 28, 2021

Indië se Covid-uitdagings bly in die nuus. Daar is tans voorspellings dat op die huidige tempo, sal die land ‘n miljoen sterftes teen Augustus aanteken. Amerika se voorste kenner van oordraagbare siektes, Dr Anthony Fauci, sê ‘n voldoende wêreldwye reaksie kan ‘n tragiese Covid-19 situasie in Indië verhoed. Die land se totale aantal sterftes weens […]

Read More

Winter kom middel-Mei - April 28, 2021

Wydverspreide reën en donderbuie word dié week oor dele van die Oos-Kaap verwag met koue weerstoestande. Herfs is hier maar, is daar nog reën vir Namibië en wanneer word dit koud? Johan van den Berg ‘n weerkenner in die buurland het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Read More

Koebaai A330’s - April 28, 2021

Die likwidateurs van Air Namibia, Ian McClaren en Dave Bruni het bevestig dat Air Namibia se twee Airbus A330 vliegtuie, V5-ANO en V5-ANP, op pad is na Leipzig in Duitsland. Hulle is oorgegee met die likwidasie van Air Namibia. Die Hoërhof Regter Kobus Miller het die redery op 26 Maart gelikwideer. Die twee vliegtuie was […]

Read More

Ons het solidariteit met NBC se werkers – LPM, Tucna - April 28, 2021

Die Grondlose Mense Beweging en die Vakbond Kongres van Namibië het hulle ondersteuning vir die stakende werknemers van die NBC uitgespreek. Die werknemers staak sedert Donderdag verlede week en eis onder andere ‘n 8 persent salarisverhoging sowel as permanente aanstellings vir kontrakwerkers. Die LPM het in ‘n verklaring gesê dat hy solidariteit toon met werknemers […]

Read More

Tucna ondersteun Swartbooi, Seibeb - April 28, 2021

Die Sekretaris-Generaal van die Vakbond Kongres van Namibië Mahongora Kavihuha, het sy standpunt ter ondersteuning van die leiers van die Grondlose Mense Beweging, Bernadus Swartbooi en Henny Seibeb verdedig. Hy meen LP’s is nie veronderstel om onderdanig te wees nie. Hy het ook die teenwoordigheid van die polisie by die Huis bevraagteken.

Read More