Finansiële waghond vries N$96,6 miljoen June 21, 2025
Die Finansiële Intelligensiesentrum het in sy 2024/25-boekjaar opbrengste van meer as 96 miljoen Namibiese dollar gevries wat vermoedelik uit onwettige bedrywighede gespruit het. In sy jongste jaarverslag sê die sentrum sy pogings het nie net potensiële finansiële misdade gekortwiek nie, maar ook bykans 80 miljoen dollar bygedra tot fondse wat onder die gesag van die hoërhof in bewaring is. In die jaar onder oorsig het die sentrum gehelp met 148 kriminele ondersoeke.