Geopolitiek: Afrika is in die moeilikheid - August 8, 2022

Afrika is in die moeilikheid. Dit is die mening van die politieke ontleder, professor Andre Duvenhage, wat sê die verdeeldheid in die wêreld se geopolitiek, met vyandigheid tussen die VSA en China, en die oorlog in Oos-Europa, laat Afrika in ‘n baie moeilike posisie en hy sal moet ‘n besluit maak oor sy alliansies… Hy […]

Read More

Landbousensus kom met hulp van VN - August 8, 2022

Die VN se Voedsel- en Landbou-organisasie het kragte met die Namibiese Statistieke-agentskap saamgesnoer om ‘n landbou-sensus in die land uit te voer. Die organisasie het 3,4 miljoen Namibiese dollar bewillig. Die sensus sal 18 maande duur en is uiters waardevol vir beplanning vir die landbou-bedryf. Die landbouminister Calle Schlettwein, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Read More

Namcor reageer op derde tender by oliebergingfasiliteit wat gekanselleer is - August 8, 2022

Reaksie word ontvang op berigte dat die derde ronde tenders vir die brandbestrydingsinfrastruktuur by die nasionale olieberging fasiliteit by Namport, weer summier deur die verkrygingsraad gekanselleer is. Dit is die derde keer sedert 2019 wat die tender, met ‘n beraamde waarde van 58 miljoen Namibiese dollar, deur die verkrygingsraad gekanselleer is. Die tender is genoodsaak […]

Read More

Net ons is emosioneel volwasse genoeg om die land te regeer – PDM - August 8, 2022

Politieke partye is druk besig om stemme te werf vir die vakante pos by die Erongo-streeksraad nadat Ciske Smith-Howard van die Independent Patriots for Change afgedank is. McHenry Venaani, president van die amptelike opposisie, die PDM-party, sê net hulle is emosioneel volwasse genoeg om die land te regeer. Hy sê dit is hoekom die posisie […]

Read More

Navorsers verleng lewe van liggaamselle na dood - August 8, 2022

Navorsers het bevind dat verval van weefsel na die dood gestuit kan word en dat selfunksies herstel kan word. Die gevolgtrekking is gebaseer op eksperimente op varke wat uiteindelik kan help om die aantal oorplantbare menslike organe te verbeter. Sestig minute nadat hulle die hart by die verdoofde dier gestop het, kon Yale-navorsers die sirkulasie laat hervat met ‘n gespesialiseerde […]

Read More

Zikalala die swakste premier in KZN-geskiedenis - August 8, 2022

Die leier van die IVP in Suid-Afrika, Velenkosini Hlabisa, sê Sihle Zikalala se vertrek uit die Kantoor van die Premier van KwaZulu-Natal sal op verskillende maniere verligting bring vir die mense in die provinsie. Hy sê dit is die begin van die proses om die ANC in 2024 uit te skop. Volgens Hlabisa was Zikalala […]

Read More

Onderwys-konferensie ‘n reuse-sukses - August 8, 2022

Die uitvoerende direkteur in die onderwysministerie Sanet Steenkamp sê die transformasie-konferensie wat verlede week in die hoofstad gehou is, was ‘n reuse-sukses met baie goeie bywoning. Verskeie kwessies het onder die loep gekom waaronder ook ‘n finansieringsmodel vir onderwys. Steenkamp het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Read More

Gauteng-regering moet sê oor e-Tol - August 8, 2022

Die DA in Gauteng sê dit is hoog tyd vir die vervoerminister, Fikile Mbalula, en die premier, David Makhura, om vir eens en vir altyd oop kaarte te speel oor die toekoms van e-Tol in Gauteng. Sanral het aangekondig nuwe tenders word aangevra vir nuwe kontrakteurs om die e-Tolstelsel in Gauteng te bestuur. ʼn Woordvoerder […]

Read More

Oorlog sal nog 40 miljoen laat honger ly – meeste in Afrika - August 8, 2022

Die Verenigde State se ambassadeur by die Verenigde Nasies, Linda Thomas-Greenfield, sê Rusland se inval in die Oekraïne sal veroorsaak dat ‘n verdere 40 miljoen mense voedselonseker sal raak en dat Afrika suid van die Sahara die swaarste getref sal word. Die Verenigde State het 4,5 miljard Amerikaanse dollar vir voedselsekerheid by die G7-beraad verseker, waarvan hy […]

Read More

All Blacks sak terug na 5de plek - August 8, 2022

Die All Blacks het teruggesak tot die vyfde plek op die jongste wêreldranglys nadat die Springbokke hulle in Saterdag se Rugbykampioenskaps-toets in Mbombela 26-10 geklop het. Die Bokke bly in die derde plek, maar het eweveel punte as Frankryk wat in die tweede plek is. Ierland is steeds heel bo. Dit is die laagste posisie wat Nieu-Seeland nog […]

Read More