Oorsigraad vir eiendomswaardeerders ingehuldig - March 7, 2025

Die grondhervormingsministerie het die Namibiese Raad vir Eiendomswaardeerders-beroep ingehuldig om waardasiestandaarde te reguleer. Minister Calle Schlettwein het die raad se rol om etiese praktyke te verseker beklemtoon, met verwysing na die bydrae van 4,8 persent van BBP wat die eiendomsbedryf lewer. Die raad sal toesig hou oor waardeerdersregistrasies, fooie, opleiding en regulasies. Petrus Nangolo, die […]

Read More

Koffie styg met 70% - March 7, 2025

Internasionale koffiehandelaars sê hulle het hul aankope tot minimale vlakke verlaag met die bedryf wat steier onder ‘n skerp styging in pryse. By die Amerikaanse Nasionale Koffievereniging se jaarlikse konvensie in Houston hierdie week, het afgevaardigdes gesê dat hulle geskok is oor ‘n 70 persent verhoging sedert November vir Arabica-koffietermynkontrakte. Produsente in Ecuador sê vanjaar […]

Read More

Microsoft sal ‘n verdere R5,4 miljard in SA belê - March 7, 2025

Microsoft se president en ondervoorsitter, Brad Smith, sê Suid-Afrika se regering moet kunsmatige intelligensie in sy toepassings gebruik omdat dit groei in die tegnologiebedryf kan bevorder. Die maatskappy belê meer in die land en fokus veral op belegging in kunsmatige intelligensie-infrastruktuur. Smith sê Microsoft sal nog 5,4-miljard Suid-Afrikaanse rand in Suid-Afrika belê, bykomend tot die […]

Read More

Beijing waarsku oor groot moonthede wat kleineres boelie - March 7, 2025

Beijing sal Amerikaanse druk op tariewe en die fentanielkwessie teëwerk volgens China se minister van buitelandse sake. Wang Yi voeg by dat groot moondhede nie die kleineres moet boelie nie. Hy het China voorgehou as ‘n betroubare wêreldmoondheid te midde van geopolitieke onrus en die Amerikaanse president Donald Trump se onttrekking aan internasionale instellings. Kenners […]

Read More

Siektes soos MIV, TB sal toeneem met hulp wat afgesny is - March 7, 2025

Sister Namibia betreur die impak van Amerikaanse president Donald Trump se 90-dae bevriesing van buitelandse hulp. Die organisasie het die deurslaggewende rol van hierdie hulp in die ondersteuning van gemarginaliseerde gemeenskappe uitgewys, veral die LGBT-gemeenskap, wat dikwels op nie-regeringsorganisasies staatmaak vir gesondheidsorgdienste. Dit waarsku dat besnoeiing van finansiering ernstige gevolge kan hê, wat gesondheidsrisiko’s soos […]

Read More

Mosiehof: Banke eis skuld van amper N$49m - March 7, 2025

Die mosiehof was vanoggend ‘n bielie van ‘n sessie met 116 aansoeke vir verstekvonnisse waarvan 15 op die reël 108-rol was. Regters Eileen Rakow en Beatrix de Jager het die sessies hanteer met banke wat 64 van die aansoeke gebring het. Die banke eis 35 onbetaalde lenings van 14,5 miljoen Namibiese dollar op en vra […]

Read More

Partye moet uiters versigtig wees om saam met Swapo te werk - March 7, 2025

Verkose president Netumbo Nandi-Ndaitwah kan moontlik ‘n opposisielid as adjunkminister aanstel om Swapo se beheer in die parlement te versterk. Die strategie kan Swapo, wat ‘n klein meerderheid in die parlement het, help om lojaliteit in kritieke stemmery te verseker. PDM-leier McHenry Venaani het gesê hy sal oop wees daarvoor dat ‘n PDM-lid as minister […]

Read More

NLU waarsku oor slenter wat boere teiken - March 7, 2025

Die Namibiese Landbou-unie waarsku sy lede oor bedrieërs met slenters. In sy jongste nuusbrief sê hy die jongste bedrogspul behels mense wat hulle as amptenare van die landbouministerie voordoen en boere kontak en hervestigingsplase aanbied, op ‘n langtermyn-huurooreenkoms. Sodra die boer die ooreenkoms onderteken en betaal, verdwyn die swendelaars met die geld, en die kontaknommers werk […]

Read More

Charles se speellys Maandag op Apple Music - March 7, 2025

Koning Charles het saam met Apple Music gewerk om sy eie speellys vry te stel, wat ‘n eksklusiewe blik gee op sy verhouding met musiek. Die King’s Music Room sluit kunstenaars in van alle vastelande en genres, onder andere Bob Marley, Kylie Minogue en Grace Jones, saam het kontemporêre talent soos Davido en Raye. Die […]

Read More

Sondag herdenk die African Peer Review Mechanism sy dag - March 7, 2025

Die African Peer Review Mechanism se nasionale struktuur sal APRM-dag Sondag herdenk. Die jaar het die meganisme ‘n gesamentlike sitting van die 3de buitengewone beraad en die 34ste gewone sitting van die APR-forum van staatshoofde en regeringshoofde gehou op die kantlyn van die 38ste Afrika-unie beraad in Addis Abeba, Ethiopië. Kosmos 94.1 Nuus het met […]

Read More