Ruacana neem effe af - March 7, 2025

Suid-Afrika het water van Vanderkloofdam vrygestel en die benede-Oranje by Blouputs staan tans op 0,57 meter met Sendelingsdrif op 0,37. Die Namibiese Hidrologiese Diens sê verder dat die Kunene-rivier se vloei by Ruacana verder afgeneem het na 313,1 kubieke meter per sekonde. By Rundu is die Okavango-rivier op 6,87 meter en by Katima Mulilo is […]

Read More

20 muile in 6 maande by OT Tambo aangekeer - March 7, 2025

Polisiebeamptes en doeane-amptenare het die week by OR Tambo Internasionale Lughawe in Gauteng op ʼn besending dwelmmiddels beslag gelê. Dit het ʼn beraamde straatwaarde van 6 miljoen Suid-Afrikaanse rand. Die polisiewoordvoerder, Amanda van Wyk, sê meer as 20 dwelmhandelaars is die afgelope ses maande by die lughawe vasgetrek:

Read More

Zelensky vra vir gevangene uitruil saam met Rusland - March 7, 2025

Oekraïne se president Volodymyr Zelensky het Rusland gevra om ʼn ooreenkoms te sluit om gevangenes vry te laat om vertroue te skep vir toekomstige vredesonderhandelings. Hy het Donderdag met Europese leiers in Brussel vergader. Zelensky sê op X enige wapenstilstand of maatreëls om vertroue te bou, kan dien as voorspel tot ʼn volle en regverdige […]

Read More

Lesotho gebelgd oor Trump se afbrekende opmerkings - March 7, 2025

Lesotho se minister van Buitelandse Sake, Lejone Mpotjoane, is geskok oor die Amerikaanse president, Donald Trump, wat na die land verwys het as een waarvan niemand nog gehoor het nie. Trump het in die Kongres buitelandse besteding gekritiseer, insluitend 146-miljoen-rand vir LGBTQI+ veldtogte in Lesotho. Mpotjoane sê die opmerkings is ‘n bespotting. Hy het Trump […]

Read More

Klimaatsverandering bedreig Winterspeles - March 7, 2025

Paralimpiese Spele: Die toekoms van Winterspeles word bedreig weens klimaatsverandering en die gepaardgaande gebrek aan sneeu. Die president van die Internasionale Paralimpiese Komitee, Andrew Parsons, het die opmerking gemaak presies ‘n jaar voor die openingseremonie van 2026 se Paralimpiese Winterspele in die Franse Alpe. Hy het aan die BBC gesê hy is nie bekommerd dit […]

Read More

Sonneblomolie duurste in Khomas, blik pilchards kos meeste in Sone 3 - March 7, 2025

Die jaarlikse inflasiekoers was in Februarie 3,6 persent, volgens die jongste Verbruikersprysindeks-verslag. Die Namibië Statistieke Agentskap wys ook dat inflasie van 3,7 persent in Sone 2, Khomas, en Sone 3, die suidelike streke met Erongo en Omaheke, aangeteken is. In Sone 1, die noordelike streke, was jaarlikse inflasie 3,5 persent. ‘n Bottel sonneblomolie was egter […]

Read More

Olieprys daal, maar pad vorentoe is onseker - March 7, 2025

Oliepryse is besig om te daal en Brent was Woensdagaand onder 69 Amerikaanse dollar ‘n vat. Die daling is veroorsaak deur handelsonsekerheid na die Trump-administrasie se tariewe op Kanada, Mexiko en China, asook Opul en sy vennote se planne om produksie in April te verhoog. Russiese olie kan ook weer in die prentjie kom. Kosmos […]

Read More

Graad 3-leerders kan nie lees, ‘weens Covid’ - March 6, 2025

Senior personeel van die onderwysministerie het op 4 Maart ‘n vyf-dag plenêre vergadering begin oor die ministerie se strategiese rigting en operasionele planne. Hulle beoog om die 2024/25 ministeriële jaarplan te hersien, die jaarplan vir 2025/26 te finaliseer en die konsep-strategiese plan vir 2025/26 tot 2030/31 af tehandel. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Sanet […]

Read More

Opwindende byeenkomste maak Maart in Kaapstad vet pret - March 6, 2025

Maartmaand is een van die besigste tye vir byeenkomste in Kaapstad, met ‘n gesamentlike bywoning van sowat 270 000 mense. Die metro se Geleentheidspermitkantoor monitor dié maand 109 byeenkomste. Dit sluit in die Kaapstadse Fietstoer, die Kirstenbosch Somer-sononderkonserte, die Kaapstadse Karnaval en die Kaapstadse Surf Pro. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekuriteit, JP Smith, sê […]

Read More

Unicef waarsku befondsingsinkortings stel die lewens van miljoene kinders in gevaar - March 6, 2025

Die Verenigde Nasies se Kinderfonds sê die aangekondigde terugsnyding en verwagte fondsinkortings deur verskeie skenkerlande sal sy vemoë beperk om miljoene kinders in ernstige nood te help. Die Amerikaanse regering het die befondsing deur die Amerikaanse Agentskap vir Internasionale Ontwikkeling aan verskeie organisasies sonder winsbejag opgeskort. Unicef word in geheel befonds deur vrywillige bydraes van […]

Read More